Het u hulp nodig om 'n unieke reisplan vir u verblyf te maak? Of, het jy eenvoudig 'n vraag wat ons nie beantwoord het nie? Kom in kontak met ons en ons sal dadelik terugkom.
Verhoog produktiwiteit en kreatiwiteit in hierdie eko-paradys van flora en seelewe aan die mees suidelike punt van Afrika.
Inspirerende venue
By Grootbos bied ons geriewe in 'n ontspanne en inspirerende omgewing. Afgevaardigdes sal verfris en gemotiveerd deur kreatiewe idees weggaan.
2500 hektaar ongerepte natuur
100 bedreigde plantspesies
800 plantspesies: 6 wat hier ontdek is
'n Melkhoutbos wat meer as 1000 jaar oud is
Die wonder van die Groot Vyf van die See
6 soogdiere van bewaringsbelang
Pryse en vermeldings
Unique Lodges of the World.
Overall Winner for Responsible Tourism
Best in Poverty Reduction
The 101 Best Hotels in the World
Hideaway of the Year
Progressief, natuurlik, inklusief
Ons gaan verder as om net hierdie ongerepte fynbos paradys, wat ons noem tuis, te bewaar. Ons is voortdurend besig met navorsing en ons innoveer en pionier nuwe maniere om dinge te doen. Dus, wen ons gesogde eko-toekennings.
Verbeel jou hoe dit was toe die wêreld nog ongerep was terwyl jy deur die pragtig ontwerpte tuine, omring deur ‘n eeue oue bos, wandel. Terwyl jy in die grootste gerief in een van ons elf alleenstaande suites tuisgaan, kan jy die uitsig van die omgewing indrink, van nuuts af deel van die natuur word en verhoudings met mekaar verstewig.
Die moderne en minimalistiese ontwerp dra by tot Forest Lodge se kalmerende atmosfeer. Ontspan in een van die sestien alleenstaande suites en ervaar die skoonheid wat jou omring. Asem die fynbos-gegeurde lug in terwyl die magiese krag van die natuur al jou bekommernissse laat verdwyn.
Ons twee private villas is die toppunt van afgesonderde luukse, met onvergeetlike ervarings vir ons uitsoek-gaste. Met die fyn aanvoeling vir voortreflike diens van ‘n private sjef, butler en natuurgidse sal in ‘n huislike omgewing van ongeëwenaarde gehalte in elke behoefte voorsien word.
Geniet maaltye van vyfster-gehalte, sowel as teetyd soggens en smiddae.
Eetervarings propvol tekstuur, smaak en kleur.
Ons gebruik die varsste bestanddele wat op die reservaat verbou word en berei geregte wat al die sintuie betrek. Van 'n piekniek op die strand tot ons legendariese ses-gang aandetes sal verseker dat jy met herinneringe aan kulinêre hoogtepunte hier sal weggaan.
Ons glo dat almal dit sal geniet om die bekroonde wyne van die streek te ontdek en te ervaar, terwyl hulle kos en wyn wat bymekaar pas proe, of wanneer van ons sommeliers meer vertel oor wat ‘n oesjaar besonder spesiaal maak, of wanneer hulle op ‘n begeleide toer na ‘n wynplaas gaan.
Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.