Romantiese pakket

3 Nagte

Die ervaring

Met asemrowende vergesigte in ‘n afgesonderde ligging in die ongerepte natuur is Grootbos die ideale bestemming om te ontspan en gehaltetyd saam met jou geliefde deur te bring. Die lieflike akkommodasie, rotsagtige kuslyn en onvergeetlike ervarings maak van Grootbos dié romantiese wegbreekplek, wat vir blywende en spesiale herinneringe sal sorg.

Het jy nog idees vir ‘n romantiese verblyf?

Voorskou

Dag 1 - Oorsig

Vier die begin van julle romatiese wegbreek met ‘n verfrissende drankie met ‘n uitsig oor Walkerbaai en geniet dan ‘n heerlike middagete vir twee. Maak ‘n draai in julle suite en gaan dan saam met een van ons gidse na die ongerepte strande van Walkerbaai met eeue oue grotte, diep blou see en dramatiese sandsteen-rotse. Rond die dag af met ‘n uitsonderlike ses-gang aandete en bewonder die ongelooflike sterreprag in die vars naglug.

Ontspan. Leer mekaar opnuut ken. Verken.

Dag 2 - Oorsig

Begin die dag met ‘n rustige ontbyt in die bed en vertrek dan te perd op ‘n avontuur in die Walkerbaai-reservaat met sy lang ongerepte strande. Rus met ‘n piekniek vir twee terwyl julle die verruklike vergesigte geniet. Ontspan daarna met ‘n dekadente vollyf-massering vir julle twee in ons Forest Spa, omring deur ‘n eeue oue Melkhoutbos. Vier julle liefde teen skemer deur ‘n boom op ons reservaat te plant voordat die dag afgesluit word met nog ‘n onvergeetlike ses-gang ete in ons restaurant. 

Ontspan. Leer mekaar opnuut ken. Verken.

Dag 3 - Oorsig

Onderneem ná onbyt ‘n opwindende 4X4-blommesafari op soek na die wonderlike fynbos van die Kaapse blommekoninkryk. Geniet ‘n ligte middagete by Grootbos en hoor meer van ons sosiaal maatskaplike projekte in plaaslike gemeenskappe, waaronder ons kolleges, Green Futures en Growing the Future. Sluit die dag af met ‘n romantiese private ete in ons wynkelder terwyl julle die ambience geniet en allerlei smake en geure beproef. 

Ontspan. Leer mekaar opnuut ken. Verken.

Dag 4 - Oorsig

Geniet ‘n laaste ontbyt in ons restaurant of op die dek en verlaat Grootbos verfris en nader aan jou geliefde, met ‘n verdieping van julle verhouding.

Ontspan. Leer mekaar opnuut ken. Verken.

VERBLYF SLUIT IN

Ons tariewe is vol-verblyf en sluit baie van die reserwe-aktiwiteite in. Vind meer uit
Sien Tariewe

OP PAD NA GROOTBOS

Grootbos is 'n ongelooflik pragtige plek, maar die reis hierheen is 'n ervaring uit eie reg. Word oorweldig deur lieflike vergesigte, hou stil by unieke plekke en ervaar die natuurskoon rondom jou.

Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag